Local newsSport

Paartjie bult hul spiere tydens liggaamsboukompetisie

'n Plaaslike liggaamsbou-paartjie het onlangs 'n rits titels verower en gewys dat enigiets moontlik is as jy as 'n span hard saam werk en mekaar motiveer.

Wanneer jy iets uitdagend aanpak is dit altyd makliker wanneer jy jou lewensmaat aan jou sy is – iemand wat jou kan aanmoedig en ondersteun.

Wel, dié paartjie van Noordheuwel, Rhode Ackerman (23) en haar kêrel AG Scott (27), het onlangs aan hul heel eerste liggaamsboukompetisie deelgeneem en die trofeë ingeryg. Ackerman het op 19 Augustus aan die Fire and Ice-kompetisie by Silverstar deelgeneem en is as algemene vroue- en fiksheidsmodel-wenner aangewys, asook Miss Wellness. Scott het Mnr Liggaamsbou gewen het.

Die paartjie is al vir ses jaar saam en het nog altyd saam geoefen omdat dit deel van hul leefstyl is. Twee jaar gelede het hulle egter ‘n kompetisie bygewoon waar hulle vriende deelgeneem het en daar het hulle die idee gekry om ook aan ‘n kompetisie deel te neem.

In Mei het hulle by Supreme Being Fitness aangesluit en vir ses weke voor die kompetisie voorberei.

“Alles het lekker gelyk,” het sy laggend vertel toe sy gevra is waarvoor sy die meeste lus was.

AG Scott tydens die Fire and Ice kompetisie. Foto ingestuur.

Die oefening was nie vir hulle so moeilik nie omdat hulle gewoond aan harde oefening was. Die kompetisie was ook nie te moeilik nie omdat hulle al bewus was van hoe dit werk en wat van hulle verwag word. Ackerman vertel dat die moeilikste deel van die voorbereiding vir albei beslis die streng dieet was.
Hulle het wel nie verwag dat een van hulle gaan wen nie, so volgens Scott was hulle redelik verbaas.

Hulle is nou besig om voor te berei vir die Africa Cup wat op 16 September plaasvind en daarna gaan hulle ‘n breuk vat. Die paartjie wil wel eendag hulle pro-kaarte behaal.

Ackerman het laggend vertel dat hulle na die kompetisie eerste Krispy Creme oliebolle en toe burgers gaan eet het, en vertel hierdie tipe bederfies ‘was bitterlik lekker’.

Soos enige ander paartjie was dit nie altyd maklik om saam te oefen nie maar dat hulle mekaar ondersteun en gemotiveerd gehou het om harder te oefen.

Rhode Ackerman is ‘n skoonheid tydens ‘n onlangse liggaamsboukompetisie.

“As jou lewensmaat dit saam met jou doen is dit makliker veral wanneer jy deelneem,” het sy vertel.

Hulle beplan nie om hierdie ‘n beroepskeuse te maak nie en stem saam dat twee kompetisies ‘n jaar vir hulle genoeg is.

Hul afrigter, Jacqueline Groenewald, sê dat sy baie trots is op die paartjie.

“Om eerlik te wees het ek van die begin af geweet Rhode gaan wen. Van die dag wat sy hier ingestap het het ek geweet sy is ‘n kampioen en wenner. Hulle het hard gewerk en al die sukses is wel verdien,” het Groenewald afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button