Local newsSchoolsSport

Pasop Gauteng-Wes, hier kom Nories se krieketmanne

Nories weet wat hulle op die krieketveld doen en 'n handjievol leerders en onderwysers is vir die onderskeie Gauteng-Wes krieketspanne gekies.

Laerskool Krugersdorp-Noord is baie opgewonde nadat ‘n hele paar van hul leerders gekies is tot onderskeie Gauteng-Wes krieketspanne.

By die o9 seuns is Kupano Gaika en Oratile Setungwane gekies terwyl Zacko van Wyk, Juvan Jansen van Vuuren, Zanru Beyneveldt, Nathan Bezuidenhout en Janco Bothma die o10-span gehaal het. Jacques Russouw en Marnus Kuun is by die o11-span ingesluit terwyl Eduard Maritz, Etienne Joubert en Dihan Grové deel is van die o13-span.

Johan Harding en Jaques Oosthuyzen is gekies om die o13- en o9 Gauteng-Wes krieketspanne onderskeidelik af te rig.

Onderwyser en afrigter van die skool Johan Harding is ook gekies om die o13 Gauteng-Wes krieketspan af te rig terwyl sy kollega, Jaques Oosthuyzen, die o9’s sal brei.

Eduard Maritz, Etienne Joubert en Dihan Grové is gekies om deel te wees van die Gauten-Wes o13 krieketspan.

Johan het gesê dat hulle op die stadium besig is met oefening en voorbereiding en dat die o13-span binnekort met hul aand-reeks gaan begin. Die res van die toernooie begin aan die einde van September en hy het vertel dat hy hoop almal doen baie goed. Die Suid-Afrikaanse-span word dan uit die deelnemende spanne gekies.

Kupano Gaika en Oratile Setungwane is vir die o9 Gauteng-Wes-span gekies.

“Ons skool is onsettend trots op die seuns se mooi prestasies en hul harde werk,” het Johan gesê.

Jacques Russouw en Marnus Kuun is gekies om deel te wees van die Gauteng-Wes o11-krieketspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button