Local newsSchool sportSchoolsSport

Monnas die Noordvaal-konings!

Twee van Monnas se rugbyspanne het na 'n jaar van swoeg en sweet uiteindelik die vrugte gepluk.

Hoërskool Monument spog deesdae nie net met een Noordvaal-kampioen nie, maar twee.

Dit nadat hul o14- en o15 A-spanne onlangs die Noordvaal-bekers huis toe gebring het. Die reeks finale het by Hoërskool Garsfontein plaasgevind.

Wynand Moolman, een van die o14-afrigters het vertel dat hulle in die SDC Noordvaal-beker eindstryd vir Hoërskool Noordheuwel met 33–29 geklop het. Die span word ook afgerig deur Peet Reynecke, fiksheidskoordineerder Dioné Groenewald en spanbestuurder Maree van Rooyenis.

Ruan “Blikkies” Bester, Monnas se o14A rugbykaptein. Foto: Marius Nortje.

Volgens Moolman het hulle van die begin van die seisoen af daarop gefokus om kwaliteit rugby te speel.

“Ons wou alle fasette oorheers maar die klem was op die tempo.”

Foto: Marius Nortje.

Monnas het al sedert 1921 ‘n trotse rugbykultuur en Moolman het gesê dat elke Monumentaar nog altyd net hul beste op die rugbyveld gegee het, so ook het die seuns se liefde en lojaliteit vir hul skool en mekaar bygedra tot die merkwaardige wen.

Die jaar was gevul met hoogtepunte en uit die 19 wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle 17 gewen. Dit was hul oorwinnings teen Paul Roos, Paarl Gimnasium en die laaste wen wat vir hulle uitgestaan het. Die span lê ook tweede op die Nextgen-ranglys vir o14’s in die land.

Foto: Marius Nortje.

Al het Moolman erken dat daar baie aspekte was waarmee die spelers en afrigters deur die jaar gesukkel het, het hulle egter gefokus op die seuns se goeie oefengewoontes, om vas te byt en deur te druk.

Hy het gesê dat die eindfluitjie in die eindstryd vir hom verligting, dankbaarheid en ‘n ongelooflike trots vir sy seuns meegebring het. Hulle beplan om hierdie uitmuntende rugbyseisoen met ‘n lekker partytjie af te sluit.

Foto: Marius Nortje.

“Die seuns kan nie ophou glimlag nie,” het hy bygevoeg.

“Ons het ‘n besonderse o14-rugbygroep wat vir Monnas en mekaar gespeel het. Daar is ‘n klomp leiers onder die seuns. Ons kaptein Ruan ‘Blikkies’ Bester is ‘n bees! Hulle het Monnas-guts binne hulle DNA!”

Net soos hulle eie span is die o14’s seker die Springbokke gaan die Wêreldbeker huis toe bring!

Foto: Marius Nortje.

Die o15 A-span is die jaar deur Eugene Cilliers en Johann van den Berg afgerig en Corné Pennells was die spanbestuurder. Die span het in die finaal teen Helpmekaar Kollege gewen.

“Ons strategie was om te speel soos ons geoefen het en aan te hou soos wat ons deur die jaar gedoen het; om ons foute te beperk en om Helpmekaar onder druk te plaas. Ons het beklemtoon dat indien ons by ons strukture bly, die gepaardgaande druk van ‘n Noordvaal-finaal kan absorbeer en ons opponente onder genoeg druk sou plaas, ons beloon sou word op die telbord,” het Van den Berg gesê.

Foto: Marius Nortje.

Om voor te berei vir die finale het die span nie veel in hul weeklikse roetine verander nie maar wel vorige weke se foute uitgewys en daarop gefokus.

Hy het die wen toegeken aan die span wat ‘n besonderse groep spelers is wat al van 2022 ‘n digte band gevorm het.

Foto: Marius Nortje.

“Ons het seuns uit verskeie agtergronde en die wedersydse respek onder mekaar het daar toe gelei dat die seuns nie net vir hulle skool speel nie, maar ook vir mekaar. Die seuns is die jaar ook al deur baie as ‘n span. Dit het die seuns se karakter getoets en ek glo dit het hulle nog nader aan mekaar gebring en nog ‘hongerder’ gemaak om die Noordvaal te wen.”

Een van hul ander hoogte punte vir die jaar was die wedstryd teen Hoër Jongenskool (Paarl Boishaai), tydens die Frans Malherbe Rugbytoernooi. Nadat die span as o14 Jongeskool geklop het het hul weer teen hul te staan gekom in die groot finaal van die toernooi. Aan die einde van die wedstryd was hulle agter met ses punte maar met die blaas van die eindfluitjie het hulle in die linkerskantste hoek deurgekom met ‘n drie en onderkaptein Jaydon Viljoen het pale toe aangelê. Hulle het ‘n oorwinning behaal met ‘n telling van 28 teenoor 27.

Foto: Marius Nortje.

Hy vertel dat die eindfluitjie tydens die finaal ‘n onbeskryflike gevoel was.

“Die hele jaar se harde werk, bloed sweet en trane het deur my kop geflits. As afrigters was ons oorweldig met emosie, want ons seuns is beloon vir hulle harde werk en opoffering.”

Foto: Marius Nortje.

Die seuns kan egter nou uitsien na ‘n lekker afskeid en hulle is ook almal van die mening dat dit inderdaad die Bokke gaan wees wat die Rugbywêreldbeker gaan huis toe bring.

“Ons het wel so een of twee spelers wat glo dat Nieu-Seeland en Ierland die spanne gaan wees wat geklop moet word.”

Van den Berg wou graag sy mede afrigter en spanbestuurder bedank vir die onvergeetlike seisoen.

Foto: Marius Nortje.

“Dan wil ek graag ook die rugbyhoof, Tjaart van der Walt, die hoof, Johann Calitz en al Monnas se personeel, sowel as die o15-ouers wat ons deur die seisoen ondersteun het, bedank.”

Blessing Monareng gaan vir die drie. Foto: Marius Nortje.

Namens al die afrigters, will hy vir hul beter helftes ook dankie sê vir die opofferings en ‘n laaste dankie aan elke o15-speler van die A- tot D-span en hul afrigters en die ouers.

“Dankie vir julle toegewydheid en die ure wat julle ingesit het gedurende ‘n onvergeetlike seisoen – ons is baie opgewonde om te sien wat julle doelwitte vir 2024 gaan wees.”

Die o14 A-span hou die beker hoog. Foto: Marius Nortje.

 
Back to top button