Sport

Doele vir ‘n doel by Kennies

Laerskool Kenmare se netbaldogters het meeste van hul kragmetings teen Roodekrans gewen.

Laerskool Kenmare en Laerskool Roodekrans het onlangs kragte gemeet op die netbalbaan in ‘n ligawedstryd.

Volgens Kennies se netbalorganiseerder Adine Adriaanse, het die JOMO-liga by Kennies plaasgevind waar die o10’s tot die o13-spanne in aksie was.

Kesia Maritz soek ondersteuning.

Lid van Kennies se beheerliggaam Jackie Coetzee, het bygevoeg die wedstryde vorm ook deel van Kennies se Doele vir Drome-fondsinsameling. Sy sê die doel is om geld in te samel om vir een van hul leerders ‘n mediese toestel aan te koop.

Ma Tersia Roberts verdedig teen juffrou Charizelle van Aarde.

Wat uitslae aanbetref het Kennies se B-spanne drie uit vier wedstryde gewen, hul C-spanne het twee uit die vier gewen terwyl die o11A-span 25–7 geseëvier het. Die o13’s het ongelukkig 19–14 vasgeval.

Leané van der Merwe gedurende ‘n wedstryd.

“Die o12A-span kwalifiseer om aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem wat op 7 en 8 Junie by Hoërskool Randburg plaasvind. Dié sal die eerste span in nege jaar wees wat Kennies by die toernooi verteenwoordig. Ons o13A-span neem op 31 Mei en 1 Junie deel aan die JOMO-uitspele om te kwalifiseer vir die kampioenskappe. Ons is voorwaar baie trots op ‘n baie goeie netbalseisoen,” het Adine bygevoeg.

Juané Robbertse mik net toe.

Die Krugersdorp News het die dag bygewoon waar daar aan die einde ook ‘n Kennie-ma teen Kennie-juffrou netbalwedstryd plaasgevind het.

Nadine Wilken in aksie.

 
Back to top button