Sport

Graad 9-leerder van Nories as tennisklub se kampioen gekroon

Callum Naude wen Noordheuwel Tennisklub se klubkampioenskappe.

Callum Naude is ‘n graad 9-leerder by Hoërskool Noordheuwel met ‘n blink toekoms in tennis.

Callum het op 11 Mei die klubkampioenskappe by Noordheuwel Tennisklub gewen. Hy speel al vir vier jaar tennis, omdat hy ‘n reuse belangstelling daarin het, en omdat hy dit vreeslik geniet.

Callum sê dat hy vyf dae ‘n week oefen vir twee ure, en op naweke oefen hy ‘n totaal van ses ure.

“Ek het die kampioenskap teen die junior seuns gewen, waar daar agt deelnemers was, wat in uitdunwedstryde deelgeneem het. Ek het die uitdunne tot die finaal gemaak, en dit gewen,” het ‘n baie opgewonde Callum gesê.

Hy sê dat die kompetisie moeilik was, omdat almal dieselfde vlak van vaardigheid het, maar dit was wel makliker vir hom as die vorige jaar, omdat hy ‘n beter speler is.

“Ek probeer fokus op my swakpunte, om dit te verbeter, en dink as ek hard werk kan ek selfs begin internasionaal deelneem,” het Callum afgesluit.

Check Also
Close
 
Back to top button