Mullies presteer in verskeie sportsoorte tydens skoolvakansie
Van gholf tot judo tot krieket, hierdie Laerskool Muldersdrif-leerders het uitgehaal en gewys tydens die afgelope skoolvakansie.
Laerskool Muldersdrif is in hul skik met hul leerders wat tydens die skoolvakansie aan verskeie sportsoorte deelgeneem het, en baie goed presteer het.
Die skool se o.11- en eerstekrieketspan het van 10 tot 13 Julie by Jabuweni naby Warmbad aan die Superreeks vir die Gauteng-streek deelgeneem.
Maddison Lombaard het aan die begin van die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Judokampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem. Sy het ‘n trotse derde plek verower.


Wat gholf aanbetref het Schalk van Ettinger (o.12) aan die Wêreldkampioenskappe vir gholf in die VSA gaan deelneem. Hy het 26ste geëindig met ‘n telling van een oor baansyfer.
Die skool is trots op hierdie leerders.