Trampolien-talent van Impala mik vir Denemarke
Na uitmuntende vertonings by die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe, pak 2 gimnaste nou die internasionale verhoog aan.
Die Impala Trampolienklub is ongelooflik trots op twee van hul lede wat later vanjaar in Denemarke gaan kompeteer.
Wion Cordier en Jacques Wasseigne is volgens hoofafrigter Linda Coetzer gekies vir die 13de Hans Christiaan Andersen City Games vir trampolien, ná hul uitslae by verlede jaar se Nasionale Gimnastiekkampioenskappe.
Lees ook: Para-athletes bring home gold in Stellenbosch



Die spele vind plaas in Odense, Denemarke, van 28 Julie tot 2 Augustus.
“Die twee seuns het uitsonderlik goed presteer tydens verlede jaar se verpligte kompetisies. Dit bewys weereens dat harde werk altyd beloon word,” sê sy.
“Ons wens hulle baie sterkte toe. Spring hoog en reik na die sterre,” sluit sy af.
