Local sport

Beroerte kon 61-jarige stut nie stuit nie

’n Beroerte en persoonlike verlies kon Eugene Grieb nie keer om na die rugbyveld terug te keer nie.

Wanneer mense aan sport vir ouer mense dink, is rolbal of jukskei gewoonlik die eerste wat by hulle opkom. Vir Eugene Grieb (61) beteken sport egter steeds rugby, en hy trek nog gereeld sy tokse aan.

Sy liefde vir rugby het reeds op skool begin. Hy vertel hy het die potensiaal gehad om eerste span rugby te speel en ook elektriese ingenieurswese te studeer. Hy sê egter dat arrogansie destyds sy akademiese en sportloopbaan beïnvloed het, maar dat hy nie toegelaat het dat dit hom onder kry nie.
Eugene het as stut vir die derde span uitgedraf en is in 1983 as Ligbron Hoër Tegniese Skool se beste akademiese leerder aangewys.

Ná skool het hy elektriese ingenieurswese studeer en verskeie onderskeidings behaal in ‘n rigting wat hy aanvanklik nie gedink het hy sou baasraak nie.

“My liggaamsbou lyk vandag dalk nie so nie, maar wat my gehelp het, was dat ek ook gestoei het. Die stoeitegnieke het my as stut in die skrums, sowel as met aanval en verdediging, baie gehelp,” vertel hy.

Toe hy begin werk het, het hy steeds aktief aan sport deelgeneem. Terwyl hy aksiekrieket gespeel het, het ‘n kennis hom genooi om by ‘n Oldies-rugbyspan aan te sluit. Hy het tot 2016 vir Diggers gespeel.

Volgens Eugene het hy in dié tyd van sy beste rugby gespeel voordat tragedie toegeslaan het.

Hy het ses familielede verloor en ook ‘n beroerte gehad.

“Dit het my sewe jaar geneem om weer rugby te kan speel. As jy my vandag sien speel, sal jy nie dink ek het ‘n beroerte gehad nie, maar ek weet en voel waar die verskille is,” sê hy.

In die vroeë 2020’s het hy by die Golden Eagles Oldies-rugbyklub aangesluit, waar hy vandag nog speel.

“Ek is baie dankbaar vir die talent en potensiaal wat ons Hemelse Vader ons bied.”

Hy hoop sy verhaal sal ander inspireer om op sport-, akademiese en geestelike gebied hul beste te lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button