Local sport
Zoé blink uit by nasionale ruiterkampioenskappe
Zoé Lombaard het ’n vierde plek by die nasionale ruiterkampioenskappe behaal, terwyl haar Gauteng B-span met die louere weggestap het.
Laerskool Krugersdorp-Noord-leerder Zoé Lombaard het onlangs haar liefde vir perdry in ’n besondere prestasie omskep toe sy aan die nasionale kampioenskappe van die South African National Equestrian Schools Association deelgeneem het.

Die kampioenskappe het op 25 September plaasgevind, waar Zoé ’n vierde plek in haar klas behaal het. Volgens die skool se woordvoerder, Quintin Botha, het haar Gauteng B-span ook die eerste plek verower.
“Ons is baie trots om hierdie besondere prestasie met die skoolgemeenskap te deel en sal met trots jou vordering bly volg. Baie geluk, Zoé! Jy maak ons trots,” sluit Quintin af.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
