The News has a great line-up of local events happening in and around town. Take note now!
Suiderlig Kermis
7 JUNIE — Die Suiderlig Gemeente in Krugersdorp-Wes hou kermis vanaf 12uur die middag tot laat. Hierdie jaar tree Touch of Class op. Hulle sal om 7nm op die verhoog verskyn en die vertoning is gratis vir die publiek. ’n Groot kermishoogtepunt elke jaar is die pannekoekstalletjie, en hulle beoog om hierdie jaar 10 000 pannekoeke te verkoop! Vir verdere inligting, skakel vir Annelie Slabbert by 083 679 2162.
Modeparade
8 JUNIE — NG Kerk Paardekraal-Monument Gemeente bied ‘n modeparade deur Buttons and Lace Boetiek aan. Kaartjies beloop R100 en deure maak 9.30vm oop. Kontak die kerk se skriba, Yolanda Moldenhauer by 011 954 4301 vir meer inligting.
Melville Koppies Nature Reserve Hike
9 JUNE — Join a three-hour cross-koppie hike through the Melville Koppies Nature Reserve, starting at 8.30am. You can park in the upper car park at Marks Parks on Judith Road, Emmarentia, opposite their entrance. For more details, see their calendar/ map at https://www.mk.org.za or call Wendy Carstens on 011 482 4797.
Kennies Fees

8 JUNIE — Laerskool Kenmare maak gereed vir ‘n groot kuier tydens hul Kennies Fees. Bekendes soos Jak de Priester, Snotkop en Deon Groot sal deur die dag by die Fees te sien wees. Maak seker jy kry betyds jou kaartjie! Gewone toegang is R100, R50 word per koelhouer gehef en VIP-kaartjies kos R300. Behalwe vir die kunstenaars sal daar ook stalletjies, ‘n pretpark en kosstalletjies wees. Kontak gerus vir Iza Loubser by iza@kennies.co.za vir enige navrae.
And next week:
Hoërskool Monument Gholfdag
13 JUNIE — Fondsinsamelingsprojekte soos Monnas se jaarlikse gholfdag is van kardinale belang om Monnas in staat te stel om ‘n hoë standaard van onderrig, afrigting en geriewe vir hul leerders te bied. Die wins wat dié dag genereer, sal vir hierdie doel aangewend word. Monnas nooi graag die gemeenskap om as speler deel te neem, of as selfs minigholf jou laat sweet, om as ‘n borg by die dag betrokke te raak. Jy kan ook ‘n putjie borg. Kom geniet ook die funksie na die tyd saam met hulle. Die gholfdag vind by die Krugersdorp Gholfklub plaas en registrasie is van 10vm. Skakel vir Constance by 011 953 1165.
Joshua na die Reën

15 JUNIE — Joshua na die Reën tree by die Barnyard Silverstar op. Sy splinternuwe, derde studio-album, Someraarde, het sedert vrystelling die nommer 1-plek op die SA iTunes Trefferparade vir verkope ingeneem en sy eerste enkelsnit, Soos in nou, het vir ‘n hele paar weke aaneen in die nommer 1-plek op stasies soos Jacaranda FM gepryk! Kaartjies kos R150 per persoon en kan by https://www.barnyardtheatre.co.za bespreek word.

