EntertainmentLifestyle

Krugersdorp se Kokkedoor kook vir liefdadigheid

Na Ralph Farmer sy Kokkedoor voorskoot opgehang het, het hy gou 'n nuwe gebruik vir sy kook vernif gevind. Tussendeur die bestuur van sy nuwe spysenieringsbesigheid kook hy ook vir liefdadigheid.

Nadat Ralph Farmer en sy spanmaat Pieter Malan die potte ordentlik laat prut het tydens kykNET se derde seisoen van Kokkedoor, en die beoordelaars se monde deurgaans laat water het, het dit tyd geword om na die toekoms te kyk.

Ralph, ons eie Kokkedoor, het onlangs sy vaardighede vir liefdadigheid ingespan toe hy smullekker disse opgetoor het om fondse in te samel vir ATKV Esperanza wat gereeld uitreike doen by sentrums vir gestremdes.

Ralph Farmer is aan die kook vir 110 mense. Foto: Jaco Human.

Die dag tevore en in die vroeë oggendure van 14 Desember het Ralph en Pieter in die ChrisAnna Wedding Venue se kombuis begin om ‘n viergangmaaltyd voor te berei vir die sowat 110 gaste. Pieter het al die pad van Nelspruit af gery om te help om die aand ‘n sukses te maak.

Op die spyskaart was Gazpacho (‘n Spaanse koue tamatiesop) met ‘n repelsteeltjie en gebraaide tong, Wonton-sop (‘n Chinese kluitjie) met hoender, spinasie en kaas, bedien met wortels en beetsmeer in ‘n soetrissie sous. As hoofgereg was daar tradisionele jambon (gammon) met spektameletjie, aartappel-en-wortelgebak, en varkfillet met ‘n ertjiesmeer.

Aan die einde van die aand is daar sowat R9 000 ingesamel en aan ATKV Esperanza oorhandig wat beplan om ‘n uitreikdag met die Wes-Rand Vereniging vir Liggaamlik Gestremdes te reël.

Die grootste deel van die fondse is tydens die veiling ingesamel wat deur die aand aangebied is, en nie soseer die kaartjieverkope nie.

Ralph het homself laat opveil en is uiteindelik vir R3 000 ‘verkoop’. Hy gaan vir die gelukkige gesin ‘n privaat ete voorberei en aanbied.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button