Entertainment

Elandré laat die vonke spat by plaaslike vertoning

’n Aand vol musiek en vermaak was die orde van die dag by 'n uithangplek in Noordheuwel toe bekende sanger, Elandré, 'n vertoning uit die boonste rakke gelewer het.

Een van die groot name in Afrikaanse musiek, Elandré, het onlangs die Noordheuwel-gemeenskap op hul tone gehou met ’n vertoning by ’n plaaslike uithangplek.

Honderde Afrikaanse musiekliefhebbers het opgedaag om na treffers soos Vuur op die Water, Asseblief en sy jongste lied, Skud, te luister.

Aiden Marais en Ashley Denner by die vertoning.

Die Krugersdorp News was ook daar, en met elke lied wat Elandré gesing het, het al hoe meer toeskouers na die verhoog gestroom om saam te sing en te dans. Hy het selfs die mense wat voor die verhoog gesit het, verras deur van die verhoog af te spring en oor tafels te loop terwyl hy gesing het. Die gehoor het in opgewondenheid uitgebars toe dit gebeur het, en baie het hul hande na hom uitgesteek.

Elandré loop oor die tafels tydens sy vertoning.

Reg voor die verhoog het ’n jong man van opgewondenheid uitgeroep dat Elandré sy gunsteling is. Die sanger het toe sy kitaarpen na hom gegooi.

Tydens sy vertoning het Elandré ook opgewonde aangekondig dat sy jongste album in Junie vrygestel gaan word.

Jeanre Joubert en Marco Maree geniet die musiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button