Community galleriesGalleries

GALLERY: Piesangfees in fotos

Nat koue pannekoek-weer het Tzaneeners nie in hulle getalle weggehou van die NG Moedergemeente se Piesangfees nie.

Maar dat die druppels wel meer voete as verlede jaar by die huis laat bly het is ongelukkig ook so. Besighede het Vrydag van die geleentheid gebruik gemaak om bestellings elektronies te doen om net later te gaan afhaal.

Alles wat te eet aangebied was, was van hoogstaande standaard en die kerrie sosaties en kierrie en rys en vetkoeke moet spesiale vermelding geniet. Een ding is verseker, die weer het perfek saamgespeel en die bakkers moes bonstaan vir pannekoek bestellings.

Die kaasborde wat nou al sinoniem is met die fees het weer nie teleurgestel nie en die kaartjie verkope vir die twee kruiwa’s vol wyn het groot belangstelling gelok sowel as die vleis mengsel krat. Die groot kompetisie waar kaartjies gekoop kon word om ‘n splinternuwe Ford Figio 1.5 Abiente motor te kon wen was aansteeklik en die trotse wenner is Kallie Liebenberg.

Lees: GALLERY: Dit was weereens avo-licious

Die vleis geskenkpak is deur een van die kerk se herders, Ds Chris Zietsman gewen. Andre Venter was die gelukkige wenner van die Mans-kruiwa vol wyn en die dames kruiwa wenner was Nikita Katrakazas. Die boere het ook gepronk met hulle piesangtrosse tydens die fees. Johan Pretorius stap weg as die wenner. Sy tros het die skaal laat staan op 73kg.

Tweede plek: PP Boerdery met 70kg. Derde plek: Jurie van Mahela Boerdey met 63kg. Jiovanni Katrakazas het ook gewys wat in hom steek toe hy die Piesangeet kompetisie gewen het. Hy het sy piesangs binne 27 sekondes verorber.

Die gure weer was die enigste faktor wat ‘n bietjie van ‘n demper op die fees geplaas het, maar die gemeente is dankbaar tesaam met die gemeenskap van Tzaneen vir die 12mm wat gemeet is oor die naweek. ‘n Persoon kan nie weer bestel soos dit jou pas nie maar soos wat Tzaneen die Moedergemeente-lede ken, het hulle saamgestaan soos een man en dit nog steeds vir almal wat hulle weg oopgesien het om dit te besoek die moeite werd te maak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button