GalleriesSchools galleries

Vossies redeneer radikaal

Na die interessante wending wat 2020 geneem het, is almal genoodsaak om uit die boks te dink.

Om leerders nie te ontneem van enige geleentheid om te ontwikkel nie, het die Radikale Redenaars spreekwoordelik hande gevat met tegnologie. Deelname is tuis deur videos op selfone gedoen en via e-pos gestuur.

Jessica Heroldt, graad 10 – Kategorie: Afrikaans Moedertaal Sy dring deur na die nasionale finaal.
Nolan Robertson, graad 8 – Kategorie: Eksperimenteel Individueel Hy dring deur na die nasionale finaal.

Die Hoërskool Ben Vorster se leerders wat ingeskryf het se uitslae is soos volg:

Graad 8: Nolan Robertson – Kategorie: Eksperimenteel Individueel Hy dring deur na die Nasionale Finaal Graad 9: Iloné Venter – Kategorie: Afrikaans Moedertaal Sy dring deur na die

streeksfinaal Graad 10: Jessica Heroldt – Kategorie: Afrikaans Moedertaal Sy dring deur na die Nasionale Finaal Graad 11: Elsjé Kriel Helandré Venter Albei dring deur na die streeksfinaal

Die finale inligting oor hoe die nasionale finaal sal verloop sal teen 12 September aangekondig word.

Aangesien die streeksfinale gekanselleer is sal elke deelnemer ‘n sertifikaat per e-pos ontvang as bewys dat hy/sy wel gekwalifiseer het vir hierdie ronde.

Podiumpret: Elsjé Kriel het ook deelgeneem aan die Podiumpret kompetisie en het deurgedring na die finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button