Kyk: Walvisse spoel op Mosselbaai strand uit, kry later ‘genadedood’
Verskeie pogings om hulle terug in die water te kry was onsuksesvol.

Vier walvisse, vermoedelik dwergspermwalvisse, het gister op Diasstrand in Mosselbaai uitgespoel.
Daar is aanvanklik gepoog om die visse te red, met die Mosselbaai-munisipaliteit wat die strand gesluit het sodat die omgewingspan hul werk kon doen.

Die walvisse, drie volwassenes en ‘n kalf, is later op dieselfde dag egter van kant gemaak.
Volgens Val Marsh van Stranded Marine Animal Rescue Team het die walvisse min tot geen kans op oorlewing gehad nie.
“Omstanders het hulle in die water probeer terugsit,” sê hy.
Marsh sê die department van landbou, bosbou en vissery het toestemming gegee dat die diere ‘n genadedood kan kry.
Die strand bly voorlopig gesluit en ‘n nadoodse ondersoek sal na verwagting vandag op die walvisse uitgevoer word waarna hulle begrawe sal word.
Read original story on www.mosselbayadvertiser.com