NewsSchools

Mnr en Mej Vossie gekroon tydens gala-aand

TYDENS ‘n asemrowende aand in ‘n winter wonderland het die top 20 finaliste die stryd aangepak om vanjaar se kroning van mnr en mej Vossie. Die aand is afgeskop met ‘n herwinningsronde, waar elke finalis sy / haar eie uitrusting uit herwinbare materiaal moes ontwerp. Daar is swierige rokke en pakke vertoon van telefoonboekbladsye en …

TYDENS ‘n asemrowende aand in ‘n winter wonderland het die top 20 finaliste die stryd aangepak om vanjaar se kroning van mnr en mej Vossie.

Die aand is afgeskop met ‘n herwinningsronde, waar elke finalis sy / haar eie uitrusting uit herwinbare materiaal moes ontwerp. Daar is swierige rokke en pakke vertoon van telefoonboekbladsye en glas tot uitrustings gemaak van swart sakke, draad en chirurgiese handskoene. Die Vossies se kreatiwiteit het die monde laat oophang.

Lee Scott, die gaskunstenaar en aanbieder van die aand, het gesorg vir vermaak terwyl die finaliste deur @Style hair en Grandeur Place mooi gemaak is.

Na ‘n naelbyt kompetisie is die wenners soos volg aangekondig:

Vivanie van der Merwe is aangewys as mej Fotogenies, sowel as mej Persoonlikheid.

Tiaan Vorster is aangewys as mnr Fotogenies en Dirkie Coetzee as mnr Persoonlikheid.

Die tweede prinses is Jara Kruger saam met tweede prins, Nickus van der Nest.

Die eerste prinses is Amu Thuketana en die eerste prins is Michael Jansen van Rensburg.

Mnr Vossie is toe niemand anders nie as die hoofseun, Henk Blignaut. Xenia Jewaskiewitz is aangewys as mej. Vossie 2014/2015.

Die Vossies bedank graag al die borge wat die aand moontlik gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button