School sportSport

Vossie krieket troef Frikkie Meyer

DIE “Black Cap” eerste krieketspan van die Hoërskool Ben Vorster, het die afgelope naweek sy kragmeting teen die Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi op ‘n drafstap met 10 paaltjies gewen. Die Hoërskool Ben Vorster het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die openingsboulers, Girvacques de Jager (5 paaltjies) en Jean-Pierre Prinsloo (3 …

DIE “Black Cap” eerste krieketspan van die Hoërskool Ben Vorster, het die afgelope naweek sy kragmeting teen die Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi op ‘n drafstap met 10 paaltjies gewen.

Die Hoërskool Ben Vorster het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die openingsboulers, Girvacques de Jager (5 paaltjies) en Jean-Pierre Prinsloo (3 paaltjies) het 8 paaltjies tussen hulle twee ingeoes. Don Radebe het die ander twee paaltjies geneem. Frikkie Meyer was almal uit vir 110 lopies.

Die Vossie eerstespan kolwers het die telling sonder die verlies van enige paaltjies in die 13de boulbeurt bereik. Regardt Heiberg het met sy terugkeer tot krieket 60, nie uit nie, aangeteken en Aubrey van Renen 25, nie uit nie.

Die O/15- “Red Caps” van die Vossies het ‘n naelbyt wedstryd teen Frikkie Meyer met 6 lopies in Thabazimbi gewen. Danksy ‘n puik anker beurt deur Franco Oberholzer (48 lopies nie uit nie) en ‘n goeie bydrae van 22 lopies deur Tristin du Preez, teken Ben Vorster 154 lopies almal uit, aan.

Gedissiplineerde boulwerk het die wedstryd vir die Vossies gewen. Gustav Prinsloo het 4 paaltjies geneem vir slegs 33 lopies in sy 10 boulbeurte. Hy is goed bygestaan deur James Modiba met 3 paaltjies en Kobus Jv Rensburg met 2 paaltjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button