Local newsNewsSchools

Plasies sluit teater seisoen af

HOËRSKOOL Merensky se senior dramaleerders het op 29 Augustus hul suksesvolle kinderteater-produksieseisoen afgesluit met ‘n finale optrede by Laerskool Tzaneen. Die genotvolle verhaal van “Prinses Roosmaryn en die Vergeetbos” sal nog lank deur die grondslagfase leerders van Laerskole in die omgewing onthou word. Na die opening by Hoërskool Merensky op 1 Augustus, het die toneelspan …

HOËRSKOOL Merensky se senior dramaleerders het op 29 Augustus hul suksesvolle kinderteater-produksieseisoen afgesluit met ‘n finale optrede by Laerskool Tzaneen.

Die genotvolle verhaal van “Prinses Roosmaryn en die Vergeetbos” sal nog lank deur die grondslagfase leerders van Laerskole in die omgewing onthou word. Na die opening by Hoërskool Merensky op 1 Augustus, het die toneelspan op onderskeie Vrydae na Laerskool Dr Annecke, Laerskool Duiwelskloof en Laerskool Tzaneen getoer.

Die laerskoolleerders was in vervoering en het hul verlustig in die mannewales van die Koninkryk van Kruie en Speserye se inwoners.

Al die spelers sowel as die tegniese span is dit eens dat dit die moeite werd was om die ongeveer sewehonderd junior inwoners van die Letaba Distrik aan ‘n regte, egte kinderteater bloot te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button