Vyfde kerskuier mark weer aangebied
LETSITELE NG gemeente se vyfde kerskuiermark vind op 24 en 25 Oktober in die amfiteater plaas. Die komitee, wat net uit dames bestaan, met Anneri Vorster as voorsitter, werk reeds hard om hierdie dag weer ‘n groot sukses te maak. Die doel van die mark is om mense en spesifiek kinders in nood finansieel by …
LETSITELE NG gemeente se vyfde kerskuiermark vind op 24 en 25 Oktober in die amfiteater plaas.
Die komitee, wat net uit dames bestaan, met Anneri Vorster as voorsitter, werk reeds hard om hierdie dag weer ‘n groot sukses te maak.
Die doel van die mark is om mense en spesifiek kinders in nood finansieel by te staan.
Die afgelope twee jaar se volledige wins het net hiervoor gegaan.
Op die manier word daar ‘n verskil gemaak in die direkte omgewing, Letsitele en Tzaneen.
Dis lekker om te weet daar word vir iets gewerk wat ‘n verskil in ‘n kind se lewe kan maak. Die Kerskuiermark is nie ‘n gewone skoustalletjie of vlooimark nie, dit is iets besonders.
Elke uitstaller word vooraf gekeur en en op die manier word seker gemaak dat eksklusiewe produkte te koop is vit almal, vrouens, mans, kinders, oud en jonk.
Heleen de Kock hanteer die kerk se engelfabriek en die vrouens in die gemeente is reeds besig om die mooiste handgemaakte produkte en lekkernye voor te berei.
Vanjaar se tema is “somerkersfees” en die komitee is baie opgewonde hieroor.
Karen van Rooyen help maak alles mooi . Daar gaan weer ‘n teetuin wees met sout en soet – hulle bekende dadelkoek en sjokoladekoek asook heerlike souttert en nog meer.
Irma van Rooyen en Marie Muller beplan reeds aan die middagete wat misgeloop moet word nie.
Die aandete vanjaar gaan deur Marleen Minnaar en haar span hanteer word, die mans kan ook uitsien hierna want dis iets lekkers wat van die vleisbraaivuur af kom.
Die aand sal daar ook ligte ‘live’ musiek wees. Een van die gewilde items tydens die kerskuiermark is die meester sjef kompetisie wat vanjaar weer plaasvind. Hierby is daar ook ‘n junior meester sjef kompetisie.
Dit is baie pret en die mense moet asb gaan kyk! Vir die mammas met kleiner kinders, Anel sal sorg dat daar kindervermaak is.
Die kerskuiermark is Vrydag tussen 09:00 en 21:00 oop en Saterdag tussen 09:00 en 15:00.