EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Gaan geniet Oppi-Plasie mark

Maak reg vir Saterdag 4 Oktober, Kraakvars Oppi Plasie gemeenskaps mark kom maak weer 'n draai in volle glorie, met al die bekende kleure, geure en gebeure waarmee die Tzaneeners so bekend geraak het.

MAAK reg vir Saterdag 4 Oktober, Kraakvars Oppi Plasie gemeenskaps mark kom maak weer ‘n draai in volle glorie, met al die bekende kleure, geure en gebeure waarmee die Tzaneeners so bekend geraak het.

Na ‘n baie suksesvolle baba-en-kleuter ekspo in die maand van Julie, het die tyd aangebreek om weer eens ‘n oorspronklike mark aan te bied wat aan die hele gesin se hartsbegeertes voorsien.

Ons wil graag baie dankie sê aan die Tzaneen gemeenskap wat die inisiatief met ope arms verwelkom het en nog elke keer ons plaaslike mense so mooi kom ondersteun het.

Hierdie mark beloof om weer eens ‘n besonderse ervaring te wees met tonne samesyn, kinderjolyt en dalk hier-en-daar iets splinter nuuts wat in die groenigheid wegkruip.

Moet dit nie misloop nie, selfde plek (Oppi Plasie, Lushof, R71Phalaborwa), selfde tyd (09:00 tot 15:00), kom deel saam met ons in ‘n heerlike dag-kom smul, kuier, wandel en ontspan.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button