EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Sakekamer hou storie-aand
Inetressante stories oor ons mense en die omgewing word Vrydag, 17 Oktober, vertel wanneer die Tzaneense Sakekamer 'n storievertel-aand langs die Letabarivier in George's Valley aanbied.
INTERESSANTE stories oor ons mense en die omgewing word Vrydag, 17 Oktober, vertel wanneer die Tzaneense Sakekamer ‘n storievertel-aand langs die Letabarivier in George’s Valley aanbied.
Die doel van die geleentheid is ‘n gesellige kuier-aand terwyl storievertellers soos Spencer Drake, Louis Changioun, Siem Venter en die bekende “Koedoe” vermaaklike stories vertel.
Die venue is Die “Beach” langs die Letabarivier in George’s Valley. ‘n Heerlike ete word aangebied terwyl beperkte bier en wyn ook ingesluit is teen ‘n koste van slegs R100 per persoon. Gaste is welkom om hul eie drankies ook te neem.Die borge vir die aand is WMC en Blue Dot.
Daar is slegs beperkte sitplek beskikbaar, dus is besprekings noodsaaklik. Skakel Solet op 083 280 9723.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.