Local newsNewsSchools

Leerders besoek oop groef myn

Op 26 September het die graad 11 fisisiese wetenskapleerders dus 'n uitstappie na die Foskormyn in Phalaborwa onderneem. Behalwe blootstelling aan chemie in die praktyk, kon hul eerstehandse inligting versamel oor verwante beroepe.

DIE laaste deel van die graad 11 chemie-kurrikulum handel oor fosfate en die gepaardgaande mynproses.

‘n Ondernemende leerkrag van Hoërskool Merensky, Werdene Fleishmann het gereken die beste manier vir leerders om hierdie deel van die werk onder die knie te kry is om dit in die praktyk te ervaar.

Op 26 September het die graad 11 fisisiese wetenskapleerders dus ‘n uitstappie na die Foskormyn in Phalaborwa onderneem. Behalwe blootstelling aan chemie in die praktyk, kon hul eerstehandse inligting versamel oor verwante beroepe.

Die groep is deur twee van Foskor se jong ingenieurs verwelkom, wat hul ‘n kykie in hul dagtake gegee het.

Die een dame is ‘n metallurg en sy werk in die aanleg waar sy die proses optimaliseer.

Die ander jongman noem homself ‘n “blasting engineer”en hy het die opwindenste werk van almal. Hy is betrokke by die plofstof en die ontploffings wat nodig is om die rots los te maak vir ontginning.

Na die aanbieding was elke Plasie oortuig dat Foskor dié plek is om te werk.

Gesien in die lig daarvan dat ‘n Foskor-beurs 60% vereis vir Fisiese Wetenskap, word vertrou dat daar ‘n drastiese toename in die Graad 11’s se uitslae sal wees.

Leerders is ook op ‘n bustoer geneem om die verskeie verwerkingsaanlegte van nader te beskou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button