NewsSchools

Skaak- en tennisspelers sluit jaar af

Al 2014 se talentvolle skaakspelers en tennissterre het op 22 September op 'n ander manier koppe gekrap en gesweet as tydens hul gewone kragmetings.

Al 2014 se talentvolle skaakspelers en tennissterre het op 22 September op ‘n ander manier koppe gekrap en gesweet as tydens hul gewone kragmetings.

Spelers moes ‘n skattejag voltooi met leidrade deur die hele skoolterrein.

By elke punt moes die spanne ook eers ‘n aktiwiteit voltooi, voordat hul die volgende leidraad kon ontvang. Spelers se algemene kennis en spoedvaardigheid is op hierdie wyse goed getoets.

Die middag is afgesluit toe elkeen ‘n Blou Prestasiesertifikaat ontvang het.

Daar is gesmul aan wafels en roomys en gesellig saamgekuier.

Veral die tennisspelers sien met verwagting uit na volgende jaar, wanneer Plasieland vir Alexandra Dreyer as voltydse tennisafrigter verwelkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button