Vossies wen interhoër swemgala
Die Hoërskool Ben Vorster het Maandag die jaarlikse swem Interhoër gala aangebied. Skole wat deelgeneem het, was: Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Merensky en Hoërskool Frans du Toit. Die Vossies verower 43 goue, 21 silwer en 13 brons medaljes.

DIE Hoërskool Ben Vorster het Maandag die jaarlikse swem Interhoër gala aangebied.
Skole wat deelgeneem het, was: Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Merensky en Hoërskool Frans du Toit. Die Vossies verower 43 goue, 21 silwer en 13 brons medaljes. Die volgende Vossie-swemmers verbeter rekords:
Deanné Toerien D 0/14 – borsslag, 37.16 (37.25).
Vanessa van Rooyen D0/15 – borsslag, 36.22 (37.96).
Joshua Varrie S 0/16, vryslag 25.53 (25.78).
Ockert Maritz S 0/19, rugslag 26.82 (27.37).
Ockert Maritz S 0/19 50m vlinderslag, 26.66 (26.75).
Uit die 16 moontlike aflosse, wen die Hoërskool Ben Vorster 14 . Trofeë is verower deur die volgende swemmers:
Vanessa van Rooyen – Junior Victrix Ludorum – 500 punte. (HBV)
Rhyno du Plessis – Junior Victor Ludorum – 490 punte.(HBV)
Leandi Toerien – Senior Victrix Ludorum– 470 punte. (Hoërskool Merensky)
Ockert Maritz – Senior Victor Ludorum – 500 punte. (HBV)
Groot totale van skole:
Hoërskool Frans du Toit – 196
Hoërskool Merensky – 650
Hoërskool Ben Vorster – 933