Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Nog ‘n oorwinning vir die Black Caps

Die Hoërskool Ben Vorster se "Black Cap" 1ste krieketspan het hulle beste vir laaste gelos toe hulle PHS op hulle tuisveld met 85 lopies oorrompel het Saterdag.

DIE Hoërskool Ben Vorster se “Black Cap” 1ste krieketspan het hulle beste vir laaste gelos toe hulle PHS op hulle tuisveld met 85 lopies oorrompel het Saterdag.

Die Vossies het die loot op ‘n snikhete dag gewen en besluit om eerste te kolf op ‘n klipharde kolfblad.

‘n Vinnige verlies van 2 paaltjies het nie die Vossies van stryk gebring toe Girvacques de Jager met die telling op 30 na 7 boulbeurte instap nie.

94 balle later het Girvacques de Jager van die veld afgestap met ‘n pragtige 148 lopies agter sy naam (Dit sluit in 13 viere en 13 sesse).

In dié tyd het hy ook ‘n rekord vennootskap van 200 lopies (van ‘n 161 balle) om die 3de paaltjie saam met die openingskolwer, Christiaan Mkansi, gedeel.

Christiaan, wat ‘n prag ankerbeurt gespeel het, is in die 42ste boulbeurt uit vir ‘n welverdiende 66 lopies.

Nog was Ben Vorster nie klaar met die Pietieboulers nie. Don Radebe (39 lopies nie uit van 22 balle) is goed bygestaan deur die laerorde kolwers en hulle voeg nog ‘n 104 lopies teen ‘n kolfgemiddeld van 10.3 lopies per beurt by die telling.

Ben Vorster eindig op ‘n allemintige 359 lopies vir die verlies van 9 paaltjies in hulle toegelate 50 boulbeurte.

Na ete het Pietersburg manmoedig teruggeveg, maar kon egter slegs ‘n 274 lopies aanteken in 44 beurte. Pietersburg het op 169 vir die verlies van slegs 2 paaltjies na 30 beurte verseker gevoel dat hulle nog in die wedstryd is.

In die volgende 14 beurte boulbeurte neem Ben Vorster egter die 8 oorblywende paaltjies.

Weereens het Girvacques uitgeblink met 3 paaltjies en is ook goed bygestaan deur die openingsbouler, Jean-Pierre Prinsloo (2 paaltjies).

Die O/15A-“Red Cap” krieketspan was nie so gelukkig nie. Hulle het met 68 lopies verloor teen PHS.

Die Vossie boulers het met volgehoue druk en puik veldwerk PHS tot 141 beperk. Tristin du Preez en Vernon Harms neem 3 paaltjies elk.

Met die kolf het dinge egter nie vir die Vossie kolwers uitgewerk toe hulle slegs 74 lopies kon aanteken nie. WC Kriel, met 22, was die enigste kolwer wat werklik kon weerstand bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button