LettersLocal newsNewsOpinion

Ons Watchdog is kriminele se ondergang

Anton du Plessis skryf:

Elke hond kry sy dag, maar elke krimineel moet maar op die uitkyk wees vir ons eie Watchdog.

Ek voel genoop om die brief te skryf.

Al was ek gelukkig nog nooit in die posisie gewees om Marius Jacobs, of te wel Watchdog te skakel nie, volg ek hom op Facebook en kry gereeld sms’e van waarskuwings van verdagte persone.

Marius is werksaam by Northern Sekuriteit. Maar vir hom is dit nie net nog ‘n nag- of dagskof as sekuriteits beampte nie.

Hy loop die ekstra myl om seker te maak ons is veilig na die beste van sy vermoë.

‘n Vriend en kollega vertel met groot lof toe hy onlangs in ‘n situasie was. Marius is op sy persoonlike telefoon geskakel. Die reaksie was flink en die oortreder is aangekeer.

Northern Sekuriteit kan trots wees op die yster in ons omgewing, as daar nou ‘n Wolraad Woltemade medalje uitgedeel kan word, dan nomineer ek nie eers Marius nie, ek oorhandig dit sommer dadelik aan hom.

Ons salueer jou en dankie jou ‘gentle giant’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button