Local newsNews

Grasdakkerk hou basaar

Die AP Kerk Tzaneen se jaarlikse basaar is om die draai.

Daar sal op 8 Mei weer produkte van hoë gehalte beskikbaar wees onder andere ‘n moderne kunsmark en heerlike teetuin, plante, groente, vleis, romerige “steak”-rolle, kerrie & rys, pannekoek, stokworsies, vetkoek, poeding, gebak en talle ander lekkernye.

Daar sal ook speletjies en ‘n springkasteel vir die kinders beskikbaar wees.

Daar sal ook ‘n splinternuwe baadjie aangetrek word vir tweedehandse klere.

Besighede kan kos vooraf bestel vir aflewering vanaf 12:00. Die volgende sal beskikbaar wees: Pannekoek, kerrie & rys, “steak”-rolle, stokworsies, vetkoek en koeldrank. Skakel Doempie by 083 645 3747 vir bestellings.

Gaan maak gerus ‘n draai by die Grasdakkerk – Slegs een dag, Vrydag 8 Mei vanaf 09:00 tot 19:00.

Daar sal ook ‘n debiet- en kredietkaartmasjien beskikbaar wees vir besoekers se gerief.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button