Local newsNews

Ligte brand te midde van kragkrisis

Dr J C Lourens van Tzaneen, skryf: Hiermee wil ek graag my misnoeë rig met ons dierbare Tzaneen Munisipaliteit.In hierdie dae van daaglikse beurtkrag is hier strate in ons dorp waar straatligte al van Februarie vanjaar dag en nag brand. Afgesien van beurtkrag en Eskom se penarie is dit nog die vermorsing van onnodige geld …

Dr J C Lourens van Tzaneen, skryf:

Hiermee wil ek graag my misnoeë rig met ons dierbare Tzaneen Munisipaliteit.In hierdie dae van daaglikse beurtkrag is hier strate in ons dorp waar straatligte al van Februarie vanjaar dag en nag brand.

Afgesien van beurtkrag en Eskom se penarie is dit nog die vermorsing van onnodige geld aan elektrisiteit ook.

En dan is hulle nog so vermetel om die erfbelasting (Rates and Taxes) te wil verhoog omdat hulle glo ‘n geld tekort het.

Die straatligte waarvan ek praat is in Danie Joubertstraat vanaf die robot by die R71 (Wolkberglaan) tot by die robot waar Loopstraat begin asook Loopstraat self waar ligte al vir meer as ‘n week dag en nag brand en dan ook in die suidelike deel van Essenhoutstraat en ook Kareesingel waar ligte al vanaf Februarie dag en nag brand.

Om die munisipaliteit te bel en dit aan te meld help nie, want ek het al vele kere straatligte wat buite werking is in Essenhoutstraat en Kareesingel aangemeld met geen reaksie vanaf die munisipaliteit nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button