Local newsNews

Wolkberg Akademie hou Familie Pret Skietdag

Wolkberg Akademie, Afrikaanse Privaat Laerskool, in samewerking met Letaba Sport Skietklub en Bosveld Jagtersvereniging hou op 16 Mei 'n Familie Pret Skietdag.

Dit begin om 08:00 by die BJV Skietbaan, Nuwe Industriële gebied. Die skietbaan sluit om 16:00 waarna ‘n kontantkroeg sal open. Daarna volg ‘n ete, prysuitdeling en lekker kuier tot laat.

Daar gaan prettige skietaktiwiteite vir oud en jonk wees. Alle besighede word genooi om as spanne in te skryf. Of maak dit pret vir die hele gesin: Pa teen ouboet of ma teen pa! Alles in goeie luim en bietjie anders as die normale.

Items sluit in: Kettie-skiet (vir die jongspan), Windbuks, .22 geweer, Kleiduif-skiet, Kegelskiet en “Steel Challenge”. Daar sal die oggend opleiding beskikbaar wees vir beginners. Alle teikens is re-aktief! Wapens en ammunisie word deur die Klub voorsien. Oog- en oorbeskerming word ook deur die Klub voorsien. Kostes is ingesluit by die inskrywingsfooie. Eie wapen en ammunisie kan saam geneem word. Die nodige veiligheidsmaatreëls is van toepassing

Heerlike kosstalletjies, kindervermaak, uitstallings en musiek maak deel uit van die dag se verrigtinge.

Besighede en die publiek word versoek om Andia Fleischmann by 083 435 4351 skakel indien u ‘n kosstalletjie of uitstalruimte wil bespreek. Daar is meer as genoeg spasie by die skietbaan en uitstalruimte is teen baie billike pryse beskikbaar.

Vir navrae skakel Alwin Fleischmann by 076 830 0698 of Johan Schwab by 076 558 9538

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button