CrimeEditor's choiceNews

Thys sterf weens komplikasies na amputasie

Thys Besselaar, van Phalaborwa wat in die been geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n lodge in Sodwana, is Woensdagmiddag oorlede.

Besselaar (35) se regterbeen is Maandag by die heup geamputeer in ‘n hospital in Durban, maar die wond het nie geheg nie. Dit het gelei het tot komplikasies waaraan hy beswyk het.

Vriende van die familie is geskok oor die gebeure en beskryf die voorval as “‘n tragiese en onnodige sameloop van omstandighede wat hierdie jong pa se lewe geëis het”.

Besselaar is Vrydagaand met ‘n haelgeweer geskiet nadat hy ‘n rower met ‘n kroegstoel platgeslaan het.

Hy het soveel bloed verloor dat sy been afgesit moes word.

Besselaar en Tokkie Hugo, eienaar van die Certainty Lodge in Sodwana, KwaZulu-Natal is by die lodge oorval deur drie gewapende mans.

Die mans was gewapen met ‘n 9mm pistol, ‘n AK47 aanvalsgeweer en ‘n haelgeweer.

Besselaar het een rower met ‘n kroegstoel aangeval en Hugo het die ander twee gestormloop.

Nadat die rower Besselaar met die haelgeweer in die been geskiet het, het al drie van die toneel af gevlug.

Besselaar is na ‘n hospital in Richardsbaai geneem en later oorgeplaas na ‘n hospital in Durban waar sy been teen Maandag afgesit sou word.

Die rowers het na bewering eers werkers op die perseël van hul selfone beroof voor die booswigte hul op die kroeg toegespits het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button