Groot kwalifiseerder more hier aangebied
Twee van die grootste geleenthede in perdrykuns in die Western styl word hier aangebied, nl die Western Performans en Western Reigning kwalifiserings vir die SA kampioenskap.
Die derde kwalifisering vind die Saterdag by Doornhoek Equatrian Estate plaas en die Vierde op 20 Julie.
Saterdag se byeenkoms begin reeds om 08:30 wanneer deelnemers moet aantree. Armand Thunder van der Merwe tree om 12:00 op en sal vermaak met sy sang en uitstekende ruiterskap.
Tzaneeners word versoek om hulle ruiters te gaan ondersteun. Die span van Buckle en Boots is reeds bekend as van die beste in hulle onderskeie klasse en staan reeds eerste in die ry vir die SA kampioenskap in Julie.
Indien diĆ© twee byeenkomste suksesvol is sal dit ‘n groot inspuiting vir die ekonomie van Tzaneen beteken en sal die volgende vier byeenkomste, waarvan die eerste reeds in Augustus, moontlik ook hier aangebied word.
Borge word benodig en belangstellendes kan Bonitta by 071 385 1809 of Tharina by 082 310 3970 skakel. Kaartjies is by Melody by 084 627 0956 of Erika van Letaba Ryskool by 072 484 9897 of Tharina by 082 310 3970 verkrygbaar. Laat inskrywings Saterdag tussen 07:00 en 08:00 by Amalea.



