Editor's choiceMunicipalNews

Tzaneen se drink- en afvalwater is skoon

Tzaneen se drink- en afvalwater is skoon.

Die burgerregte organisasie, AfriForum, het in Maart water op dorpe in Limpopo, waar hulle takke het, getoets om die standaard van drinkwater vas te stel.

Volgens Morné Mostert, provinsiale köordinator van AfriForum in Limpopo, vorm die monitering van water in plaaslike gemeenskappe deel van die #skoonSA inisiatief.

“Ons wil deurlopend monitor dat skoon drinkwater verskaf word en sodoende seker maak plaaslike inwoners se konstutisionele regte ook op dié terrein beskerm word.

Ons het agt dorpe in Limpopo getoets insluitende Tzaneen.

Almal was ten tye van die datum van toetsing vry van Faecal Coliforms en E. coli en binne die standaarde vir nitrate, ” het Mostert gesê.

Tzaneen het dus Bloudruppel-status vir drinkwater.

AfriForum het ook die afvalwater van agt dorpe in Limpopo, insluitende Tzaneen, getoets. Almal was skoon en binne die mikrobiese standaard.

Tzaneen het dus ook Groendruppel-status vir afvalwater verwerf.

Mostert het bygevoeg dat die beduidende verbetering van die kwaliteitsbestuur van water in Limpopo ‘n positiewe uitwerking op plaaslike gemeenskappe het.

Hy het egter bygevoeg dat diegene wat waterbronne as gevolg van nalatigheid besoedel, sterk aangespreek sal word.

“Volgends die departement van water en sanitasie se Blou- en Groendruppel verslae van 2013 is 1 009 drinkwater stelsels aangespreek en kon nie vasgestel word hoeveel aan die Bloudruppel standaard voldoen het nie.

Die Groendruppel verslag het egter aangedui dat slegs 60 uit 824 afvalwaterstelsels Groendruppel status verwerf het,” sê Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake.

“Dit is noodsaaklik dat ons die kwaliteit van drink- en afvalwater deurlopend monitor.

Ons moet die hulpbron beskerm en verseker dat wat in Bloemhof in 2014 gebeur het in ‘n voorval waar kinders gesterf het, nie weer herhaal word nie”, sê Kleynhans.

SMS jou dorp se naam na 45340 om aan te sluit by AfriForum se inisiatief vir die volhoubare verskaffing van skoon water asook die beskerming van ons waterbronne. ‘n SMS kos R1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button