CrimeEditor's choiceNews

OPVOLG: Anita Basson onder tragiese omstandighede oorlede

Anita Basson wat Donderdag vermis geraak het, is Sondagoggend gevind.

Basson (57) wat Donderdag verdwyn het, het soos ‘n veldbrand op Facebook versprei en die hele gemeenskap was gevra om te help soek na haar.

Inwoners van Tzaneen en die polisie was betrek by die soektog.

Haar motor is gestroop gevind Saterdag naby ‘n informele nedersetting sowat 18km verder naby die Tapane-plakkerskamp.

Kol Ronel Otto, provinsiale polisie media-woordvoerder sê die diewe het vermoedelik die motor gesteel en toe gestroop om van die onderdele te verkoop.

‘n Geregtelikke doodsondersoek sal gedoen word en nog niemand is in verband met die motordiefstal in hegtenis geneem nie, het Otto gesê.

Sondagoggend is Basson se ligaam naby ‘n brug gevind op die Politsi-pad. Geen gemene spel word vermoed nie.

Anita was ‘n geliefde persoon in die gemeenskap en sy het ander mense se probleme haar eie gemaak. Sy het baie mense aangeraak.

Daar sal ‘n private gedenkdiens vir haar gehou word slegs vir nabye familie en vriende.

Die familie wil graag vir almal in die gemeenskap bedank wat gehelp soek het na Anita.

Hulle wil ‘n spesiale woord van dank rig aan, Marius Jacobs, Dave Protter, Gerhard en Romé Malan, Northern Sekuriteit en in besonder vir kaptein Mashau van die SAP en Nico en Nadia Botha.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button