Editor's choiceLocal newsNews

Helpende Hand laat myngemeenskap in Gravelotte saamstaan

’n Maandelange krisis in die mynbougemeenskap van Consolidated Murchison-myn het die inwoners van die Phalaborwa-omgewing geleer hoe om saam te staan.

Die myn is in Februarie vanjaar voorlopig gelikwideer waarna die gemeenskap in ’n krisis gedompel is.

Danksy die bystand van Solidariteit Helpende Hand en die plaaslike en omliggende gemeenskap kon grootskaalse nood egter voorkom word.

Aangesien daar reeds op voetsoolvlak sterk strukture deur die gemeenskap gevestig is om voedselvoorsiening en die verspreiding van noodsaaklike lewensmiddele te verseker, sal dié steun egter nou deur die plaaslike gemeenskappe gelewer word.

Helpende Hand het sedert 15 Februarie tot 15 Junie noodleniging in die omliggende area van die Consolidated Murchison-myn gebied.

Die myn kon nie sy finansiële verpligtinge nakom nie en na ’n mislukte besigheidsreddingsaansoek, moes die myn voorlopig gelikwideer word wat nagenoeg 1 000 werkers werkloos gelaat.

Helpende Hand het dadelik R20 000 bewillig wat deur die plaaslike tak gebruik is vir voedsel en ander lewensmiddele vir gesinne in die area.

Die organisasie het ook persone wat deur die myn se voorlopige likwidasie werkloos gelaat is, gehelp om hul CV’s op te stel.

Maar die omliggende gemeenskappe se ondersteuning was so oorweldigend dat Helpende Hand se hulp nie meer hier benodig word nie.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om stééds hierdie gesinne by te staan,” sê Riaan du Plooy, Helpende Hand se adjunk uitvoerende hoof van nasionale strukture.

“Enige skenkings en finansiële donasies is baie welkom. Dit is te danke aan hierdie gemeenskap se liefde vir hulle medemens dat Helpende Hand nou gemaklik voel om terug te tree. In sulke tye is dit die krag van ’n hele gemeenskap wat dit vir diegene wat swaarkry moontlik maak om weer op hul voete te kom.”

Vir meer inligting rakende skenkings kan Boet Janse van Rensburg direk op 072 154 7265 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button