Editor's choiceLocal newsNews

NUUSFLITS: Een sterf na bus rol op Deerparkpad

Een passasier is oorlede nadat 'n Great North Transport bus op die Deerparkpad gerol het.

Dit het ongeveer 7km buite op die Deerparkpad gebeur.

Die bus was van Morapala nedersetting in Bolobedu oppad na Tzaneen.

Dit is onduidelik wat die oorsaak van die ongeluk was.

Die ongelukstoneel het groot toeskouers waarde geniet.

Volgens een van die verkeersbeamptes op die toneel het hy al talle van die busse afgetrek.

“Die meeste van die busse is onpadwaardig,’ het hy aan Letaba Herald gesê.

Dit wil voorkom asof die die bus vir ‘n ander voertuig uitgeswaai het, en deur die barakade gebreek het en so die pad byster geraak en gerol het.

‘n Paramedikus het gesê dat daar ongeveer 13 passasiers in die bus was.

“Een is ernstig beseer,’ het hy gesê.

Nooddiens werkers het ongeveer vir 45 minute met lewenskake (Jaws of Life) probeer om een van die vasgekeerde passasiers te bevry uit die gefromelde wrak.

Sy is op die toneel dood verklaar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button