Minimumloon skop Des in
Agri Letaba lede is tydens 'n vergadering herinner aan die minimumloon vir huiswerkers wat op 1 Desember van krag word.

‘n Huishulp sal nou ‘n minimum van R13.31 per uur betaal moet word.
Volgens Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba, sien hy geen gevaarligte flikker nie, aangesien meeste boere lankal meer as die vereisde minimum aan hul huiswerkers betaal.
Volgens Voster behoort die minimumloon nie vinnig weer te styg nie. Die hoë werkloosheidsyfers kan hiervoor bedank word.
Die nasionale minimumloon sal vir dieselfde rede nie vinnig weer styg nie aangesien die regering grootskaalse afleggings vrees, sou hul boere probeer dwing om nóg meer vir hul werksmag te betaal.
Boere is ook gemaan om vroegtydig aansoek te doen vir hul korporatiewe permitte aangesien die proses tot vyf maande kan duur.



