Editor's choiceMunicipalNews

RESERVOIRS: Dele van dorp dié naweek sonder water

Die GTM beplan om hierdie naweek stuksgewys die area se reservoirs te begin skoonmaak.

Hierdie proses behoort teen Maandag voltooi te wees hoewel sekere dele by tye sonder water sal wees.

Inwoners word gemaan om tog die nodige voorbereidings te tref.

Eerste aan die beurt is die Saagmeul Reservoir wat more (Saterdag 20 Februarie) van 06:00 tot 18:00 buite aksie sal wees.

Areas wat as gevolg hiervan waterloos gaan wees is: Tzaneen Lifestyle Centre, Lushof, Riverside, Sasol, Katolieke Kerk en die Malaria Sentrum.

Sondag 21 Februarie is dit die Ben Vorster Reservoir se beurt om skoongemaak te word.

Weereens sal die betrokke areas van 06:00 tot 18:00 sonder water gelaat word en inwoners word gemaan om voorsorg te tref.

Die areas wat waterloos gelaat gaan word is: Flora Park, Medi Park, SSK (Sentrale Sake Kern) en die industriële gebied.

Maandag 22 Februarie kom die Rustic Reservoir aan die beurt maar geen areas sal waterloos gelaat word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button