Local newsNews

MAGOEBASKLOOF: Brandende trok blok verkeer

Groot ontwrigting is vanoggend weer eens veroorsaak na 'n trok ongeluk op die Magoebaskloofpad.

Volgens inligting het die trok se remme gefaal, teen ‘n bakkie gebots, teen ‘n wal tot stilstand gekom en aan die brand geslaan.

Luidens noodpersoneel het die trok verf vervoer.

Ooggetuies het op sosiale media fotos wyd begin versprei en motoriste sodoende gewaarsku dat verkeersvloei op die pad ontwrig is.

Daar was geen ernstige beserings nie.

Die pad is wel oop maar motoriste word gemaan om versigtig te wees.

Die ongelukstoneel.
Die ongelukstoneel. Foto: Hein Ferreira.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button