CrimeNewsLifestyle

NUUSFLITS: Inbraak “Ek het die bliksem amper gevang”

Die vinnige optrede van 'n jongman het voorkom dat hulle huis heeltemal leeg gedra is.

Die voorval het in die vroeë oggendure by ‘n huis in ‘n sekuriteitskompleks in Aquapark plaasgevind toe ‘n verdagte  daar ingebreek het.

Hy het toegang tot die huis gekry  deur die diefwering van een van die kombuisvensters te knip.

Die jongman, wat verkies om anoniem te bly, het onraad vermoed toe die alarm afgaan.

IMG_0680
Die diefwering wat geknip is om toegang tot die huis te verkry.

Hy het ondersoek gaan instel en die verdagte in die kombuis aangetref..

Die verdagte het geskrik en probeer om deur die diefwering, wat hy vroeër geknip het te ontsnap.

Die man het probeer om die verdagte terug te pluk aan sy voete, maar die verdagte het weggekom.

“Ek het die bliksem amper gevang,’ het die man gesê.’

Inbrake begin weer hoogty vier. En inwoners word gemaan om uiters versigtig en bedag te wees.

Die vinnige optrede deur die brawe man het verhoed dat die inbraak moontlik erger gevolge kon gehad het.

Die sekuriteits maatskapy sowel as die SAP word geloof vir hulle vinnige optrede.

Letaba Herald wil graag van ander inwoners, wat moontlik ook geteiken was hoor.

Vertel ons jou storie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button