Local newsNews

Bromponie stamp voetganger om, kar ry oor haar

'n Motor het oor 'n voetganger gery nadat 'n man op 'n bromponie haar per ongeluk omgestamp het.

Volgens Marius Jacobs, gewapende reaksie beampte by Northern Sekuriteit, het die bestuurder van die bromponie na die stopstraat, by die vier-rigting kruising van Agatha-en Skirvingstrate gegly en die voetganger omgestamp.

Die voertuig wat verby die bromponie wou ry het glo nie die voetganger gesien nie en oor haar gery.

ER24 nooddienste was op die toneel en het die beseerde voetganger na die Van Velden Hospitaal geneem.

Na wat verneem word is sy stabiel maar het moontlik inwendige bloeding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button