Editor's choiceMunicipalNews

Tzaneen: Kabel diefstal lei tot krag kwessies

Die huidige krag kwessies wat Tzaneen ervaar het hoegenaamd niks met die toestand van die dorp se kragnetwerk te maak nie.

Volgens ‘n bron in die Groter Tzaneen Munisipaliteit (GTM) het daar oor die naweek twee pogings tot die diefstal van kragkabels plaasgevind.

Eers het onbekende persone hulle pad tot binne ‘n substasie forseer en later het diewe oorkant die tronk probeer om die GTM se ondergrondse kabels op te grawe.

Beide hierdie pogings was onsuksesvol maar die krag is ontwrig.

Elektriese spanne van die GTM werk sedert die naweek onverpoos voor om kragtoevoer te herstel.

Tans is dele van die dorp aangeskakel, maar inwoners wat steeds nie krag het nie, word gemaan om geduldig te wees tot die GTM die probleem opgelos het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button