Local sportNewsSchoolsSport

Vossie Kunsveiling ‘n reuse sukses

Die Hoërskool Ben Vorster se jaarlikse graad 9-kunsveiling wat op 12 September, plaasgevind het, was weereens 'n reuse sukses.

Leerders en hul ouers was dit eens dat dit ‘n genotvolle aand was.

Graad 10- tot 12-kunsleerders het hul kunswerke van die afgelope jaar ten toon gestel en elkeen was verantwoordelik vir hul eie uitstalling.

Dit was ‘n fees vir die oog.

Lané Badenhorst en Thys Nortje, twee leerders van die Vossies, het gaste vermaak met sangitems uit die boonste rakke.

Dr Theo de Jager het as afslaer opgetree en die leerders kon breed glimlag met gelde wat verdien is uit die verkope van hul kunswerke.

Die kunswerk wat die hoogste prys behaal het, was Craig Bredenkamp se Karoo toneel wat vir R1600 verkoop is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button