Moet nie te vinnig opgewonde raak nie en hou die handoeke vir eers in die swemsak.
Die Munisipaliteit wag glo vir lewensredders.
Nog steeds.
Letaba Herald verneem dat die dorp se multimiljoen rand publieke swembad oornag weer vol water getap is.
‘n Inwoner het Letaba Herald verbaas Maandag geskakel en gevra of ons verneem dat die swembad weer vol water getap is.
Die foto is aan ons verskaf:

Letaba Herald het op 22 September berig dat die multimiljoen rand swembad leeggetap is.
Daar is toe aangevoer dat daar ‘n ‘kraak’ in die swembad was wat herstel moes word.
Die gebrek om lewensredders op te lei was ook telkens as verskoning gebruik vir die oponthoud om die swembad ‘amptelik’ te open vir die publiek.
Lees: Tzaneen Swembad Saga: Eers oop…nou dolleeg!
Neville Ndlala, media woordvoerder van die munisipailiet het aan die Herald Maandag gese dat hulle tans in ‘n bestuursvergadering is om weer die kwessie van lewensredders te bespreek.
Ndlala het ook bevestig dat water oor die naweek weer terug getap is in die swembad en dat die ‘kraak’ herstel is nadat dit aan die lig gekom het dat die swembad lek na die eerste restourasie.
By berekening bevat ‘n olimpiese grootte swembad 2,500,000 liter water.
Waarheen is die water die eerste keer uitgetap? Waar kom die water vandaan wat nou weer ingetap is? Hoe moeilik kan dit wees om lewensredders te kry en op te lei?
Meer oor die swembad “sepie” in die week se Letaba Herald



