NewsSchools

Vossies se eerste krieketspan sit vir Giyani ore aan

Die Hoërskool Ben Vorster se eerste krieketspan het op Saterdag, 14 Januarie, hulle Pro 20-wegwedstryd teen Hoërskool Giyani oortuigend met 42 lopies gewen.

Giyani het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Na die eerste vyf boulbeurte was die Vossies in die moeilikheid met die telling op 27/4. Roehan Steenkamp en Emile Kruger het egter vas geskop en hulle vennootskap van 116 lopies het die Vossies instaat gestel om 161/5 in hul 20 boulbeurte aan te teken. Roehan het 42 lopies van 49 balle aangeteken en Emile 51 lopies van 30 balle.

Ben Vorster se boulers moes hard werk om die oorwinning te verseker nadat Giyani 83 lopies geslaan het vir die verlies van drie paaltjies in die eerste nege boulbeurte. Danksy Artwell Mokgolobotso se goeie boulwerk het die wedstryd weer in Ben Vorster se guns geswaai en Giyani kon slegs 119/8 in hul 20 boulbeurt aanteken.

Artwell Mokgolobotso het vier paaltjies vir 21 lopies in vier boulbeurte geneem. Nog ‘n uitblinker bouler was Emile Kruger wat een paaltjie vir 14 lopies in sy vier beurte geneem het.

Related Articles

 
Back to top button