GalleriesSchools galleries

Vossies skitter by die Interhuis atletiek

Die Vossies het hul jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms gehou op 12 Januarie.

Die Trojane, Spartane en Antheners het mekaar die stryd aangesĂȘ op die atletiekbaan asook op die pawiljoen om die geesbeker-wenner te bepaal.

Die atletiekbeker is verower deur die Spartane met 726 punte, Trojane 654 en Antheners 583.

Die geesbeker en die beker vir beste dirigente is deur die Trojane verower!

Die volgende rekords is verbeter: Jolandi van der Merwe MO/15, Spiesgooi (33,58m) 35,24m en Gewigstoot (10,85m) 11,73m), Melissa Naudé MO/19, Driesprong (10,23m)10,26m, Erich Ackerman SO/14, Hoogspring (1,67m) 1,68m, James Vorster SO/16, Spiesgooi (56,82m) 57,02m.

Die volgende atlete ontvang trofee: Beste Junior meisies baanatleet, Neo Nkwinika MO/15 – 100m 14,40sek 573 ABSA, Beste Junior seun baanatleet, Tebang Sejake SO/15 – 100m 12,18sek 727 ABSA, Beste Senior meisies baanatleet, Lara Schutte MO/19 – 400m 60,21sek 698 ABSA, Beste Senior seun baanatleer, Ofentse Maubane SO/17 – 100m 11,20sek 819 ABSA, Beste Junior meisies veldatleet, Jolandi van der Merwe DO/15, Spiesgooi 35,24m 857 ABSA, Beste Junior seun veldatleet, Erich Ackermann SO/14, Hoogspring 1,68m 939 ABSA, Beste Senior meisies veldatleet, Diketso Manyama DO/19, Hoogspring 1,50m 745 ABSA, Beste Senior seun veldatleet, James Vorster SO/16, Spiesgooi 57,02m 881 ABSA.

Junior Victrix Lodorum, Jolandi van der Merwe (3 items).

Junior Victor Lodorum, Renzo du Plessis (3 items).

Senior Victrix Lodorum, Lara Schutte (3 items).

Senior Victor Lodorum, Thapelo Ramoshaba (3 items).

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om alle Vossies te bedank vir hulle puik ondersteuning. Die Vossie atlete sien uit na 21 Januarie, se byeenkoms te Nelspruit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button