NewsSchools

Top toekennings vir Merensky onnies

Hoërskool Merensky se RTT (Rekenaartoepassings tegnologie) en IT (Informasietegnologie) leerkragte stap breëbors weg.

Dit kom nadat hul tydens die Limpopo RTT en IT werkswinkel op 15 en 16 Februarie in Polokwane met ‘n sak vol toekennings weggestap het.

Hierdie toekennings is geskoei op die 2016 matriekuitslae.

Uit die 12 kategorieë het Merensky in 10 onder die top 3 skole in Limpopo geëindig.

Hoërskool Merensky is ook aangewys as die beste RTT en IT skool in die Mopani Distrik.

Die kroon op hierdie prestasie is egter dat Merensky vir die tweede opeenvolgende jaar aangewys is as die skool in Limpopo met die beste RTT-uitslae, ‘n groot pluimpie vir die twee onderwyseresse Martha Leeuwner en Danielle Fourie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button