Plekke en rekords het gespat vir Laerskool Tzaneen tydens die jaarlikse aflos atletiekbyeenkoms wat 14 Februarie plaasgevind het.
Skole wat deelgeneem het was Unicorn Preparatory School, Laerskool Gravelotte, Laerskool Dr Annecke, Laerskool Duiwelskloof en Laerskool Drakensig.
Nege rekords is verbeter, waarvan ses van die nuwe rekords aan Laerskool Tzaneen behoort.
Eersteplekke het aan die meisies en seuns o/8 (albei rekords), meisies en seuns o/9 waarvan meisies rekord ingepalm het, seuns o/11 (rekord), seuns o/13 (rekord) en die massa aflos seuns o/8 tot o/13 gegaan.
Tweedeplekke is losgehardloop deur die meisies o/10, seuns o/11 (rekord), seuns o/12 en massa aflos meisies o/8 tot o/13.
Die meisies o/12 aflosspan het ‘n derdeplek behaal.
In totaal behaal die Larries 8 eersteplekke, 4 tweedeplekkke en 1 derdeplek aan die einde van die byeenkoms.



