Vyfde plaasaanval, verdagte vry
‘n Vyfde plaasaanval in die omgewing het Donderdagmiddag plaasgevind toe nog ‘n man, Kenneth Leggo (73), op ‘n plot in die Letsitele omgewing aangeval is.
Die polisie in Letsitele is op soek na twee verdagtes.
Daar word beweer dat die slagoffer ongeveer 16:30 in sy erf was, toe die twee mans hom gryp, met ‘n mes dreig en hom vasbind, volgens die Letsitele polisiewoordvoerder, AO Nkateko Hlangwani.
Hulle is die huis in en verskeie items ter waarde van sowat R21 600 is gesteel.
Leggo het na sy bure gegaan en die nodige nooddienste is geskakel.
Enigiemand met inligting kan Kaptein Notwana skakel by 082 469 0900 of AO Hlangwani 082 817 6594.
Letaba Herald het twee weke gelede berig oor ‘n plaasaanval in die Constantia area waar ‘n verdagte in hegtenis geneem is.
Luidens AO Hlangwani is die verdagte wat aangekeer is na die aanval op Martie (50) en Ben (73) Nel, vrygelaat as gevolg van onvoldoende getuienis.
Lees ook:
Nog ‘n plaasaanval ruk Tzaneen
Two men injured in separate attacks
Farm attack foiled by local Security companies
UPDATE: Elderly couple in Haenertsburg attacked



