NUUS UIT NY: Imke in baie pyn, biopsie moet dringend gedoen word
'Ons het ongelukkig nie die nuus gekry wat ons voor gehoop het nie...'
So het Darius Geldenhuys die nuus Saterdagaand vanuit New York op Facebook gebreek.
‘Imke is in baie pyn en daar is nuwe en groter kolle op haar longe…daarom moet hul dringend ‘n biopsie doen om sekerheid te kry wat dit is…en die gewasse agter haar longe is nog bietjie groter,’ het Darius gesê.
Luidens Darius is daar steeds ‘n gewas agter Imke se longe.
‘Dit is nou groter. Daar is ook nuwe ‘kolle’ in beide haar longe.’

Darius het aan Letaba Herald gesê: ‘Hulle het net vir ons gesê daar is nuwe kolle. Lewe en dood is in ons tonge, spreek net lewe en genesing uit oor haar.’
IMKE: Tzaneen’s Warrior Angel flying to USA at last
Imke sal Maandagoggend, 20 Maart om 10:00 ‘n operasie ondergaan vir ‘n long biopsie en hoë chemoterapie behandeling.
‘Volgende week sal daar ‘n stamsel oorplanting gedoen word,’ luidens Darius.
Dit is nie die nuus waarvoor die Geldenhuys familie gewag en voor gehoop het nie.
‘Maar ons sal nie ophou glo, hoop en vertrou nie. Hou asseblief net aan glo saam ons en bly lewe spreek oor Imke,’ is Darius se pleidooi.
NEWS FROM NY: Miracles can still happen



