NewsSchools

Merenskydag-viering: Van toeka tot nou

Blou bloed het dik geloop toe Hoërskool Merensky op 1 Maart een van hul jaarlikse tradisie, naamlik Merenskydag, herdenk het.

Plasieland se verjaardag word reeds die afgelope 81 jaar op luisterryke wyse gevier.

Chantel Schoeman aan die woord.

Gasspreker, Chantel Schoeman, die klas van 2011, wat self diep spore op Plasieland getrap het, het man en muis meegevoer met staaltjies uit haar skooldae. Na ‘n paar draaie deur ons land, is sy oortuig dat Plasie-wees ‘n unieke voorreg is wat nie almal beskore is nie.

Duan Fivaz bult sy spiere in ‘n 70’er sportnommertjie.

Drie matrikulante: Ockert Fernandes, Lize Crafford en Casper Jordaan, het die geleentheid verryk met hul weergawe van die Merensky-lied. Daarna het die graad 10’s hul lyf model gehou en skooldrag oor die jare aan die gehoor vertoon.

Kesia Pohl vertoon die heel eerste skooldrag vir meisies.

‘n Suksesvolle viering is afgesluit met die Merensky-kreet. Hoendervleis-oomblikke soos dié is geen vreemde ervaring vir die 1000 plus Plasies nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button